- This event has passed.
Paasnaweek
En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word. EN toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter- en een aan die linkerkant. En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp. En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is. En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself. En daar was ook ‘n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE. En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons. Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? — ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
Lukas 23:32-43 AFR53
Two others, who were criminals, were led away to be put to death with him. And when they came to the place that is called The Skull, there they crucified him, and the criminals, one on his right and one on his left. And Jesus said, “Father, forgive them, for they know not what they do.” And they cast lots to divide his garments. And the people stood by, watching, but the rulers scoffed at him, saying, “He saved others; let him save himself, if he is the Christ of God, his Chosen One!” The soldiers also mocked him, coming up and offering him sour wine and saying, “If you are the King of the Jews, save yourself!” There was also an inscription over him, “This is the King of the Jews.” One of the criminals who were hanged railed at him, saying, “Are you not the Christ? Save yourself and us!” But the other rebuked him, saying, “Do you not fear God, since you are under the same sentence of condemnation? And we indeed justly, for we are receiving the due reward of our deeds; but this man has done nothing wrong.” And he said, “Jesus, remember me when you come into your kingdom.” And he said to him, “Truly, I say to you, today you will be with me in paradise.”
Luke 23:32-43 ESV
